Dr Dirkie A de Villiers

OPVOEDKUNDIGE SIELKUNDIGE

Download English Version 

• PROFIEL Dr 

Dirkie de Villiers is ‘n Opvoedkundige Sielkundige en die stigter van MindScience Worx. Sy daag haarself graag uit in haar soeke na die mees relevante en nuutste terapeutiese hulpmiddels sodat sy die beste diens moontlik aan haar kliënte kan lewer. Sy besef dat die meeste mense deesdae werk, en dat ouers nie altyd tyd het om van een terapeut na ‘n volgende te jaag om hul kinders te ondersteun met die moontlike hindernisse wat hulle ervaar nie. By MindScience Worx poog sy om in al haar kliënte se behoeftes onder een dak te voorsien. MindScience Worx is nie slegs ‘n praktyk waar sielkundige dienste gelewer word nie, maar sluit ‘n Smartbrain Sentrum in, asook ‘n Neurofeedback (EEG) Sentrum en 'n Disleksie kliniek (lees gerus meer oor albei op die webtuiste).



Haar studies het aanvanklik ‘n aanvang geneem by die vorige Randse Afrikaanse Universiteit (nou die Universiteit van Johannesburg) waar sy die volgende grade verwerf het: HOD; BA Geesteswetenskappe en BED Opvoedkundige Sielkunde. Daarna het sy haar MED (Opvoedkundige Sielkunde) en DPHIL (Opvoedkundige Sielkundige) grade by die Universiteit van Pretoria voltooi.

Dr De Villiers spesialiseer in assessering en terapie vir individue en gesinne. Sy glo dat elke persoon oor ongelooflike potensiaal beskik, maar dat hierdie potensiaal nie altyd ten volle ontwikkel het nie. Haar hoofdoel by MindScience Worx is om te verseker dat elke kliënt sy/haar volle potensiaal kan bereik. Dr De Villiers geniet dit om met mense van alle ouderdomme te werk, maar het ‘n passie vir kinders! Sy het self twee seuns van haar eie en kan identifiseer met die uitdagings wat ouers elke dag in die gesig staar.

Sy is gelukkig getroud en vir haar persoonlike welsyn en ontwikkeling geniet sy dit om soggens te draf en om die nuutste navorsing in die veld van die sielkunde te lees. Sy glo dat dit belangrik is om terug te ploeg in jou gemeenskap en daarom is sy ‘n aktiewe lid van hulle klein gemeenskap. 

Haar lewensfilosofie is eenvoudig – daar is ‘n oplossing vir elke probleem!

Download English Version 

• WERKSERVARING

2008 – Nou

Sielkundige in Privaatpraktyk (Springs/Brakpan – Gauteng – Suid-Afrika)

2000 – 2007

Sielkundige te Dr. W.K. du Plessis Skool, ‘n skool vir leerders met leerhindernisse en/of epilepsie.

• PROFESSIONELE LIDMAATSKAP

Health Professions Council of South Africa - PS 0097098

• OPLEIDING

2012

DPhil – Opvoedkundige Sielkunde

Universiteit van Pretoria – Suid-Afrika

2008

MED – Opvoedkundige Sielkunde Universiteit van Pretoria – Suid-Afrika

2002

BED – Opvoedkundige Sielkunde Randse Afrikaanse Universiteit – Suid-Afrika

1995

BA – Geesteswetenskappe

Randse Afrikaanse Universiteit – Suid-Afrika

1986

HOD

Randse Afrikaanse Universiteit – Suid-Afrika

• LYS VAN KURSUSSE VIR EKSTRA ONDERRIG EN LEER  

  • Ericksonian Hipnoterapie
  • MBTI
  • WISC IV
  • Kinder Neurosielkunde
  • 16PF
  • Rape Wise – Trauma
  • Energie Sielkunde
  • Depression, self-mutilation and suicide
  • Sandspel Terapie
  • Kliniese Hipnose
  • Hipnose
  • Designing and Delivering Hypnotic Interventions applying hypnosis strategically in Common Disorders
  • Discovering Developmental Delay
  • DSM V
  • The Concentration Clinic
  • High Conflict Families: Services and Remedies
  • BWRT
  • Skoolgereedheid
  • Spelterapie